|
 |
| Volkshulp 2000 doen presies dit wat die naam sê: Ons
verleen hulp aan volksgenote in nood Volkshulp 2000 is -
- ons volksgenote se eie welsyns-instelling;
- reeds op 21 Julie 1991 gestig;
- soewerein, onafhanklik en staan volwaardig op sy eie bene;
- volwaardig VOLKSBESIT en donateurs is die EIENAARS daarvan,
d.w.s., indien daar aan die grondbeginsels soos in die
Grondwet vervat, voldoen en dit nagekom word;
- net afhanklik van sy donateurs, omdat geen staatsubsidie ter
sprake is nie;
- nie partypolities gebonde nie en is ook nie aan 'n spesifieke
kerklike denominasie gebonde nie.
|
|
Redes vir Volkshulp 2000 se ingryping |
|
|
| Sekerlik die belangrikste rede is die radikale gevolge
van die sogenaamde "affirmative action". Dit veroorsaak dat volksgenote
uiteindelik sonder werk, huis of haard op straat beland. Op hierdie
stadium is daar sowat 340 000 blankes in Suid Afrika wat onder die
broodlyn leef. Hierdie getal neem daagliks toe.
 |
Die gevolge
van
"affirmative action" |
|
| |
|
Hoe word die probleem aangespreek? |
| |
| Die een uitstaande realiteit: Daar sal nooit genoeg geld
beskikbaar wees om die toenemende getal behoeftige persone/gesinne op
deurlopende grondslag van kos en blyplek te voorsien nie. Nie eers van
owerheidsweë nie. Die alleroplossing is dus die
indiensstelling van
persone sodat hulle self voedsel vir hul gesinne op die tafel kan plaas.
Daarmee sal alle kerkgemeentes en gemeenskappe met deernis in die hart,
hande moet vat en saam die armoedevraagstuk beveg. Volkshulp 2000
bedryf 'n gerekenariseerde personeeldatabasis wat aangewend word om
werkgewers en werknemers bymekaar te bring. Hierdie stelsel word nou
selfs verder uitgebrei. Bykomend hiertoe, geskied weeklikse
programuitsendings oor
Radio Pretoria, naamlik, op elke Dinsdag tussen
11h30 en 12h30.
Nog 'n realiteit: Daar is net geen substituut vir selfarbeidsaamheid nie. |
| |
|
|
|
|
Enkele belangrike
Hulpverleningsprojekte |
| |
- Verblyf
- By die Volkshulpsentrum (tehuis vir senior burgers) in Jan
Niemandpark word inwoners in 5 dubbel- en 4 enkelkamers
gehuisves.
- Tans word sowat 40 mense by die
Volkshulptuiste te
Kleinfontein in enkelkamers, 'n "ramkamp" (groot oop lokaal wat
18 persone kan akkommodeer), houthuisies en 'n paar woonwaens
gehuisves.
- 'n Winkeltjie wat basiese produkte bevat en wat teen billike
pryse aan inwoners beskikbaar gestel word, word by die
Volkshulptuiste bedryf. 'n Groot, moderne ablusieblok met meer as
voldoende bad-, stort en toiletgeriewe vir mans en dames
afsonderlik, is in gebruik. (Foto's)
- Een van die vereistes wat vir alle inwoners van die
Volkshulptuiste geld, is dat almal werksaam moet wees. Hulle word
paslik in die omgewing in diens geplaas.
|
| |
|
Verlening van Maatskaplike Noodhulp |
| |
|
Die Volkshulphand word ook uitgereik na
ander volksgerigte organisasies/individue wat op die wyduiteenlopende
welsynsveld beweeg of daarmee te make het. |
 |
| |
- Voedsel, kospakkies, klerasie, komberse, skoeisel en ander
items/benodigdhede waar behoeftes ervaar word, word op daaglikse
basis aan enkelinge en gesinne voorsien.
- Ons voorsien grootmaat-voedsel aan instansies, waaronder
ouetehuise, skole en dies meer.
- Waar moontlik, word gehelp met die betaling van brandstof,
tydelike verblyf, koshuisgeld, huurgeld, lenings, individuele
noodgevalle en vele meer.
- Maatskaplike werkdienste word verleen waar nodig en waar
moontlik.
|
| |
|
Finansiële beheer |
|
 |
| |
| As 'n selfstandige, gevestigde, nie-winsgewende
instelling, is Volkshulp 2000 finansieel en organisatories onafhanklik.
Noukeurige besigheidsgerigte ontvangs en toedeling/aan-wending van alle
skenkings word verseker. Benewens deeglike ouditering deur 'n onafhanklike ouditeur, is alle finansiële verslae by die "Direkteur van
Organisasies sonder Winsoogmerke" ter insae beskikbaar. Benewens
bostaande, is ELKE donateur ook mede-eienaar van hierdie VOLKSAAK. Dit
verseker dan ook dat elke eienaar te eniger tyd toegang moet kan verkry
tot bv. rekenkundige boeke. Nêrens in die wêreld sal dieselfde
deursigtige benaderingswyse aangetref word nie! |
| |
|
Enkele dringende behoeftes |
| |
|
Help ons om op die bestaande infrastruktuur te verbeter. |
| |
|
 |
 |
Fondse om voldoende menswaardige behuising by die
Volkshulptuiste te kan oprig. |
|
| |
|
 |
 |
Fondse om van die belangrikste ontwikkelingsprojekte
te finansier. Vir die onmiddellike, 'n ingerigte skuur
vir 'n pottebakkersbedryf. Die oond en 'n instrukteur is
reeds beskikbaar. Opleiding van dames kan begin sodra
daar onderdak hiervoor is. |
|
| |
|
|
 |
 |
Uitbreiding van die bestaande werkswinkel waar toestelle
soos o.a. yskaste, stowe, ens. op herstel wag, geberg kan
word. |
|
| |
|
|
 |
 |
Fondse om meer bejaardes in ons Volkshulpsentrum te kan
huisves. |
|
| |
|
|
 |
 |
Alle skenkings van kos, klere, beddegoed, bruikbare
items, elektriese apparaat en speelgoed. |
|
| |
|
|
Hoe kan Volkshulp 2000 gehelp word om
volksgenote in nood te help? |
| |
| Wees ons "oë" en "ore". U kan 'n fenomenale bydrae lewer
deur net in kontak met ons te bly. Die aanvaarding van groter
verantwoordelikheid sal soveel te meer waardeer word. Verskaf aan ons
belangstellende vriende, bure en familielede se adresse,
telefoonnommers, e-pos-adresse. Ons sal dan met hulle in verbinding
tree.
Moontlikhede: Erflatings. Dink aan ons. Neem deel. Werf bv.
debietorderbydraers en VERDIEN vir drie maande lank 25% op die bedrag
daarvan. |
| |
 |

Help ons dat ons ook ons
kinders en bejaardes kan help.
 |
|
| |
| |
| Skakel besonderhede: DIE
DIREKTEUR, VOLKSHULP 2000
POSBUS 11824, Queenswood, 0121
TEL: (012) 333 5906 // 072 456 7667
Faks: (012) 333 6422
BANK: ABSA, Sinoville, Tjek: 10176514
U kan ook met ons gemagtigde bemarker,
ANIETA ARMAND, in
verbinding tree by:
Tel: 082 979 5207 |
| |
|
|
|
Navrae?
Skakel die kantoor of stuur 'n Inligtingsversoekvorm. |