| |
English |
|
| |
Vrae en
Antwoorde 18 tot 29 |
|
| |
|
|
| |
|
|
|
| |
|
Volg die
skakel vir die antwoorde |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 18:
|
|
Tot
hoe 'n mate raak ons jonger mense betrokke by Volkshulp
2000? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 19: |
|
Wat behels die "mobilisering" van volksgenote? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 20: |
|
Hoe
kan ek persoonlik betrokke raak? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 21: |
|
Wat
van samewerking met ander welsynsorganisasies? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 22: |
|
Het
Volkshulp 2000 enige aandeelhouers? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 23: |
|
Wat
van "spesiale" soorte lidmaatskap van Volkshulp
2000? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 24: |
|
Indien
ek AKTIEF wil meewerk tot die uitbouing van Volkshulp
2000, sal ek darem hulp en veral leiding
ontvang? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 25: |
|
Is Volkshulp 2000
'n algemeen-erkende instelling? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 26: |
|
Hoe
kan ek bydra tot Volkshulp
2000 se ontwikkeling? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 27: |
|
Hoe
kan ek 'n bydrae ter verbetering lewer? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 28: |
|
Ontvang
ek 'n kwitansie wanneer ek geld aan Volkshulp
2000 stuur? |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 29: |
|
Administreer
Volkshulp 2000 NET 'n "Kinderfonds?" |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
|
| |
|
|
|
|
|
| |
|
Vraag 18:
|
|
Tot
hoe 'n mate raak ons jonger mense betrokke by Volkshulp
2000? |
|
| |
|
Antwoord 18:
|
|
Ongelukkig. nie soveel as wat ons
graag sou wou hê nie. Dis maar hoofsaaklik ons ouer garde (Senior
Burgers) wat nog "die wiele aan die wa hou". Die ironie is juis dat dit
ons jonger geslag (so tussen 18 en 40) MOET wees wat nou met GROOT YWER
betrokke behoort te raak. Dis juis HULLE wat more-oormore die SENIOR
BURGERS van ons volk gaan uitmaak. Dis juis hierdie groepie wat NOU moet
meehelp en BOU, want dis HULLE KINDERS vir wie daar nou voorberei moet
word in terme van WERK, SUBSIDIES, OUETEHUISE, GESONDHEIDSDIENSTE en
vele meer. Daar is ongelukkig 'n kommerwekkende gerustheid by sommige
van ons jongmense te bespeur. Gaan dit nog te goed met ons? Ons dank
egter die Here vir daardie jong vriende wat wel die dringendheid van die
omstandighede besef. Die ywerige meewerking van die jongmense van o.a.
die CVO-skole, is voorwaar 'n riem onder die hart! Vriende, kyk net
rondom u. Kyk na wat met die res van Afrika gebeur het. Kyk na die ou
Rhodesië. Kyk na die 10 voormalige tuislande. Luister net na die nuus.
Is ons jongmense SEKER VAN HUL WERK EN SEKURITEIT IN DIE JARE WAT NOG
KOM? Kan u, ons jonger geslag, ook reken op u sekuriteit, op 'n
goeie pensioen oor 'n klompie jare van nou af? DINK GERUS HIEROOR NA EN
BEANTWOORD VIR USELF. KOM, ONS JONG VRIENDE: WYS ONS JULLE STAAL! |
|
| |
|
|
 |
|
| |
|
Vraag 19:
|
|
Wat behels die "mobilisering" van volksgenote? |
|
| |
|
Antwoord 19:
|
|
Dit behels onder andere dat -
- alle bereidwillige volksgenote op ywerige wyse MET ANDER
VOLKSGENOTE MOET KONTAK (EINTLIK MAAR NET GESELS) EN HULLE BY
HIERDIE AKSIES VAN Volkshulp 2000 BETREK. Hierdie aksies is van
kritieke belang, want dis ook hoedat groot netwerke tot stand kan
kom. Dit, ten einde te verseker dat ons nog 'n voortbestaansbelang
in ons land sal hê;
- verootmoediging voor ons SKEPPER altyd die prominente rol sal
vervul en dat ons deurentyd SY leiding sal vra in alles wat ons doen
- ook wanneer ons met ons medevolksgenote gesels;
- ons aansteeklik op ons medevolksgenote sal inwerk sodat 'n
samewerkingsgevoel (ook samehorigheidsgevoel) ontwikkel en 'n sterk
en groot genoeg bystandsfonds opgebou kan word sodat die maer tye
wat dalk mag voorlê, die hoof gebied kan word; en benewens
persoonlike betrokkenheid, ons ons daarvoor sal beywer om ook SISTEME
te betrek. Hier word bv. gedink aan die media, besighede, landbou-unies, geïnstitusionaliseerde instansies, kerke, skole en sommer
vele meer.
|
|
| |
|
|
 |
|
| |
|
Vraag 20:
|
|
Hoe
kan ek persoonlik betrokke raak? |
|
| |
|
Antwoord 20:
|
|
Kontak dadelik vir Volkshulp 2000 by
die telefoonnommers aangedui of stuur 'n
epos m.b.v.
die Inligtingsversoekvorm. Elkeen wat vir sy of haar medemens
iets wil doen, moet net JA sê. Diesulkes sal na 'n keuringsproses van
handleidings en ook die nodige magtigings voorsien word. Persoonlike
leidinggewing sal sover moontlik gegee word. Onthou: die grootste werk
is OM TE PRAAT, d.w.s. algemene gesprekvoering met vriende, familie,
ens. Diegene wat werklik nie kans sien om op so 'n persoonlike en
direkte wyse betrokke te raak nie, kan wel ook hul deel bydra deur hul
finansiële steun aan Volkshulp 2000 te verleen. Sulke bydraes kan
gestuur word aan die adres soos aangegee. 'n Gerieflike vorm vir die
gebruik van 'n debietorder word ook voorsien.
Staan saam, want
EENDRAG MAAK MAG!! |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 21:
|
|
Wat
van samewerking met ander welsynsorganisasies? |
|
| |
|
Antwoord 21:
|
|
Samewerking sal ALTYD aangemoedig word
— spesifiek so waar ons Volksgenote se
belange ook die beste gedien kan word.
Baie van ons Volksgenote is tans nog direk of indirek betrokke by baie
van die bekende welsynsinstellings in die land. Daar word selfs van
tyd-tot-tyd van hierdie organisasies se kliënte na Volkshulp 2000 vir
hulp verwys!
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 22:
|
|
Het
Volkshulp 2000 enige aandeelhouers? |
|
| |
|
Antwoord 22:
|
|
Nee, nie op die oomblik nie. Dit is
wel 'n aangeleentheid wat al geopper is. Sodra finaliteit hieroor bereik
is, sal u, aan wie Volkshulp 2000 inderdaad
behoort, genader word. U insette sal op prys gestel word en u kan te
eniger tyd die vrymoedigheid neem om die hoofkantoor
van Volkshulp 2000, hieroor te nader.
Epos navrae is ook welkom. |
|
| |
|
|
 |
|
| |
|
Vraag 23:
|
|
Wat
van "spesiale" soorte lidmaatskap van Volkshulp
2000? |
|
| |
|
Antwoord 23:
|
|
Dieselfde antwoord as hierbo, geld ook
vir hierdie vraag. Dit is ook 'n aangeleentheid wat aandag verdien en
binnekort aangespreek staan te word. Oorweging kan bv. geskenk word aan
"gewone" "senior", of "trustee-lidmaatskap".
Daar is twee soorte mense op die aarde: diegene wat soek na redes hoekom
iets nie sal werk nie en dan diegene wat soek na redes hoekom iets wel
sal werk. Kom ons plaas onsself in die laaste kategorie. |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 24:
|
|
Indien
ek AKTIEF wil meewerk tot die uitbouing van Volkshulp
2000, sal ek darem hulp en veral leiding
ontvang? |
|
| |
|
Antwoord 24:
|
|
Onteenseglik, JA. Sover dit binne ons
menslike vermoë is, sal ons vir u PERSOONLIK bystaan. Hierbenewens sal
ondersteuning ook by wyse van dokumentêre rugsteuning geskied.
U sal
nooit alleen gelaat word nie! Kyk ook na Vraag 20. |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 25:
|
|
Is Volkshulp 2000
'n algemeen-erkende instelling? |
|
| |
|
Antwoord 25:
|
|
Gewis, JA.
Volkshulp 2000 is 'n selfstandige dissipline wat reeds ver gevorder het
met die VESTIGING van funksionele instellings op
verskeie plekke in die land. Die Streekkantoor te Bloemfontein kan as
model voorgehou word. Volkshulp 2000 bestaan reeds meer as vier jaar.
Ons staan in diens van ons volksgenote en poog om maksimaal in
minderbevoorregte volksgenote se behoeftes te voorsien; om daardie
noodsituasies wat weens onvermydelike omstandighede ontstaan het, te
probeer verlig. Vele opofferings lê ons egter nog voor die deur-
FINANSIEEL, SOWEL AS FISIES! Laat ons
die swaarkry met lekkerkry klaarkry (Langenhoven) |
|
| |
|
|
 |
|
| |
|
Vraag 26:
|
|
Hoe
kan ek bydra tot Volkshulp
2000 se ontwikkeling? |
|
| |
|
Antwoord 26:
|
|
Soos elders ook gemeld, kan u op die
volgende wyses AKTIEF betrokke raak en MEEHELP dat ons minderbevoorregte
volksgenote se steeds groeiende nood verlig word:
- Die belangrikste manier: GEBED. Vir HOM is enigiets moontlik!
Ons weet mos mos HY sal
lei en voorsien
- Indien alle volksgenote meehelp om te
mobiliseer, kan dit nie so 'n groot taak
wees om almal te betrek nie. Dit kos niks
om net te gesels nie. Dit is mos nie
werk nie? Maak mense
betrokke.
- Oorreed vriende om maandelikse debietorders as bydraes van
Volksgenote, ten behoewe van Volkshulp 2000 in te vul. 'n Konstante
maandelikse bydrae is nodig indien ons dit
wat gevisualiseer is, gerealiseer wil kry. Ons weet dat dit nie
binne ALMAL se vermoeë is nie. Ons weet egter ook dat een en almal
van ons offers sal moet bring indien ons wil oorlewe.
Elke sent sal help!!
'n Vriendelike beroep: Bly asseblief in kontak met ons. Dis baie
belangrik, want 'n kooltjie vuur wat eenkant weg van die gloeiende kole
lê, koel sommer vinnig af en dra dan niks by tot die hitte van die vuur
nie. |
|
| |
|
|
 |
|
| |
|
Vraag 27:
|
|
Hoe
kan ek 'n bydrae ter verbetering lewer? |
|
| |
|
Antwoord 27:
|
|
Maklik. Ons
moet eenvoudig gaan stil sit en KREATIEF dink.
Weereens kan dit ook nie
sonder die hulp van ons HEMELSE VADER gebeur
nie!
- DINK Ja, almal moet help dink aan allerlei alternatiewe
moontlikhede van dinge doen. Twee koppe is mos beter as een? Ons vra
dat u met voorstelle ter verbetering van die bestaande sal kom.
Daar is dalk iemand anders met beter gedagtes en
oplossings!
- Kom asseblief met voorstelle oor hoe om bv. ons jong mense (18
tot 40) te betrek. Dis die jongmense van vandag wat môre se senior
burgers sal wees - die "nageslag" van môre-oormôre.
Hulle wat NOU die gerustheid moet afskud en hul gewig by die
verskillende aksies wat geloods word, moet ingooi.
- Onthou om elke dag te vra: "Here wat wil U hê; moet ek doen...
(Hand.9:6) Vra dit gereeld en wees verseker dat HY SAL LEI.
|
|
| |
|
Vraag 28:
|
|
Ontvang
ek 'n kwitansie wanneer ek geld aan Volkshulp
2000 stuur? |
|
| |
|
Antwoord 28:
|
|
Gewis, JA. Vir alle kontant bedrae wat
ontvang word, word 'n kwitansie, asook 'n persoonlike erkenningsbrief op
ons amptelike briefhoof aan die donateur
versend. Normaalweg word kwitansies nie vir tjeks wat ontvang word,
uitgereik nie, omdat tjeks op sigself as 'n kwitansie kan dien. Indien
daarom gevra word, sal ons met plesier 'n kwitansie uitreik. |
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Vraag 29:
|
|
Administreer
Volkshulp 2000 NET 'n "Kinderfonds?" |
|
| |
|
Antwoord 29:
|
|
NEE. Die KINDERFONDS,
dien as fonds vir EEN SPESIFIEKE DOEL. Dit is
ten behoewe van ons minderbevoorregte kinders) en
word LOSSTAANDE van die ander donasies wat ontvang word,
geadministreer. Met die kinderfonds sal ons graag sover moontlik in die
lewensnoodsaaklike behoeftes van ons minderbevoorregte kindertjies wil
voorsien. Dit sluit noodwendig mishandelde kindertjies, diegene wat uit
gebroke huise kom, sowel as diesulkes wat daaglikse broodgebrek ervaar,
in. |
|
| |
|
|
 |
|
| |
|
|
Vrae
1 tot 17 |
|
| |
|
|