With cooperation we'll strive to
live to the honour of God

Met saamwerk sal ons streef om tot eer van God te leef (Volkshulp 2000 leuse) * With cooperation we'll strive to live to the honour of God (Volkshulp 2000 motto)

Met saamwerk sal ons streef
om tot eer van God te leef

Opgedateer: 3 Junie 2008 Updated June 3, 2008

 Gratis Advertensies * Free ads

 

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

     

Tuis • HomeOp • UpVrae 1-17Vrae 18-29

 
 

 English

 
 

Vrae en Antwoorde 1 tot 17

 
         
         
    Vraag 1:   Wat is Volkshulp 2000 se leuse?  
         
    Vraag 2:   Wat is Volkshulp 2000 se amptelike slagspreuk?  
         
    Vraag 3:   Wat is Volkshulp 2000 se hoofdoelstelling soos vervat in sy Grondwet?  
         
    Vraag 4:   Wat impliseer hierdie hoofdoelstelling?  
     
    Vraag 5:   Benewens bogenoemde, wat sal ons graag in die toekoms by hierdie dienste ingesluit wil sien?  
         
    Vraag 6:   Wat is Volkshulp 2000 se bedieningsgebied?  
         
    Vraag 7:   Sal Volkshulp 2000 ooit in staat wees om ALLE maatskaplike probleme aan te spreek?  
         
    Vraag 8:   Is Volkshulp 2000 ingestel op winsbejag?  
         
    Vraag 9:   Hoe lank bestaan Volkshulp 2000 reeds?  
         
    Vraag 10:   Hoeveel vriende (volksgenote) lewer tans 'n gereelde bydrae by wyse van maandelikse debietorders?  
         
    Vraag 11:   Indien alle ingesamelde fondse nie teruggeploeg word in noodleniging nie, wat word dan daarvan?  
         
    Vraag 12:   Waar kan ek nie amptelike kantoorure met Volkshulp 2000 se hoofkantoor in verbinding tree?  
         
    Vraag 13:   Hoe kan ek as individu, betrokke raak en help om my medevolksgenote wat in nood verkeer, weer op te hef ?  
         
    Vraag 14:   Is Volkshulp 2000 'n geheime organisasie?  
         
    Vraag 15:   Is daar behoorlike kontrole oor Volksgenote se ander finansiële aangeleenthede?  
         
    Vraag 16:   Is Volkshulp 2000 gebonde aan 'n spesifieke kerk?  
         
    Vraag 17:   Is Volkshulp 2000 gebonde aan 'n spesifieke politieke party?  
         
 

 

 
           
    Vraag 1:   Wat is Volkshulp 2000 se leuse?  
    Antwoord 1:   "WERK SAAM".  
         
    Vraag 2:   Wat is Volkshulp 2000 se amptelike slagspreuk?  
    Antwoord 2:   "MET SAAMWERK SAL ONS STREEF OM TOT EER VAN GOD TE LEEF".  
         
    Vraag 3:   Wat is Volkshulp 2000 se hoofdoelstelling soos vervat in sy Grondwet?  
    Antwoord 3:   Om Afrikaans- en Engelssprekende volksgenote te help, sodat hulle finansieel weer onafhanklik en selfstandig kan word deur die voorsiening van lewensmiddele, asook werkverskaffing en werkskepping.  
         
    Vraag 4:   Wat impliseer hierdie hoofdoelstelling?  
    Antwoord 4:   Dit beteken dat Volkshulp 2000 na die beste van sy vermoë:
  • die verspreiding van klere, voedsel en donasies, sal koördineer;
  • moontlikhede van werkverskaffing en werkskepping sal ondersoek, bevorder en koördineer;
  • die ekonomiese selfstandigheid van ons volksgenote as een van die vele prioriteite, sal nastreef; en
  • benewens die direkte aanwending van skenkings as oorbruggingshulp, ook lewensmiddele wat geskenk word, te gelde te maak en dit dan op 'n geordende wyse na hulpbehoewende volksgenote, asook meewerkende organisasies, te kanaliseer.
 
    Vraag 5:   Benewens bogenoemde, wat sal ons graag in die toekoms by hierdie dienste ingesluit wil sien?  
    Antwoord 5:   Alhoewel op hierdie stadium nog maar net 'n visioen, sal ons graag, indien enigsins moontlik, op die langer termyn ook die volgende wou laat verwerklik:
  • Hulpverlening op die maatskaplike werkterrein.
  • Finansiële hulpverlening aan individue en instansies op 'n kontinue-basis waar die staat dit nie kan of wil doen nie.
 
      Terug na bo  
    Vraag 6:   Wat is Volkshulp 2000 se bedieningsgebied?  
    Antwoord 6:   Volkshulp 2000 is reeds aktief op plekke soos Bloemfontein, Kimberley, Bethal, Ermelo, Kempton Park, Potchefstroom en Newcastle. En JA, hierdie bedieningsgebied moet RADIKAAL vergroot, sodat ons die verste uithoeke van die land kan bereik.  
         
    Vraag 7:   Sal Volkshulp 2000 ooit in staat wees om ALLE maatskaplike probleme aan te spreek?  
    Antwoord 7:   Vergelyk ook Vraag 5. Indien u, ons volksgenote dit so verkies, en genoegsame fondse gegenereer kan word, kan die nodige infrastrukture geskep en in werking gestel word. Volkshulp 2000 is u ORGANISASIE EN ONS STAAN IN U DIENS. Ons sal ons deur u laat lei. Indien ons enigsins wil laat realiseer dit wat hierbo in die vooruitsig gestel is, DAN HET ONS ELKE VOLKSGENOOT IN DIE LAND SE HULP DRINGEND NODIG. Hierdie is inderdaad ons LAASTE geleentheid om voorsiening te tref vir die dae wat nog mag kom. Sonder u ondersteuning stry ons 'n verlore stryd!

Die kanse vir finansiële hulp van owerheidsweë lyk skraal. Dus sal die las voorwaar BAIE swaar op ons eie mense en volkseie instansies rus. Groot opofferings lê ons voor die deur. Gelukkig weet ons ook: EK IS TOT ALLES IN STAAT DEUR JESUS WAT VIR MY DIE KRAG GEE!

 
      Terug na bo  
    Vraag 8:   Is Volkshulp 2000 ingestel op winsbejag?  
    Antwoord 8:   ONDUBBELSINNIG; NEE. Volkshulp 2000 is 'n geregistreerde fondsinsamelingsorganisasie ingevolge die Wet op fondsinsameling, 1978. Daar word wel gepoog om 'n fonds op te bou vir doeleindes van dit wat hierbo uitgespel is. Hierdie fonds behoort ook inderdaad aan ons volksgenote en dis hieruit wat ons behoeftige vriende ondersteun word. (Kyk ook Vraag 29)  
         
    Vraag 9:   Hoe lank bestaan Volkshulp 2000 reeds?  
    Antwoord 9:   Volkshulp 2000 het op 26 Junie 1992 amptelik tot stand gekom. Dit, as gevolg van die versiendheid van die stigterslede wat die tekens van die tye korrek gelees en kon voorsien het wat in ons geliefde land aan die gebeur is.  
      Terug na bo  
    Vraag 10:   Hoeveel vriende (volksgenote) lewer tans 'n gereelde bydrae by wyse van maandelikse debietorders?  
    Antwoord 10:   Daar is op die oomblik net 193 debietorderbydraers LANDSWYD. Selfs twee volksgenote in Namibië. U kan self bepaal naastenby hoeveel van ONS EIE MENSE daar in die RSA is. Een miljoen? Vyf miljoen? Sou elkeen dalk net R10 of R20 per maand kon bydra............ U kan maar self die sommetjies maak....  
         
    Vraag 11:   Indien alle ingesamelde fondse nie teruggeploeg word in noodleniging nie, wat word dan daarvan?  
    Antwoord 11:   Vergelyk ook Vrae 5, 7 en 29. Dit is van kardinale belang dat daar vroegtydig ook vir die volgende voorsiening gemaak moet word:
  • 'n NOODFONDS, in geval van onverwagte gebeure
  • Finansiële ondersteuning aan minderbevoorregte volksgenote - mettertyd dalk selfs op 'n kontinue- basis, waar die owerheid dit nie voorsien nie
  • Die finansiering van werkskeppings- en werkverskaffingsprojekte
 
    Vraag 12:   Waar kan ek nie amptelike kantoorure met Volkshulp 2000 se hoofkantoor in verbinding tree?  
    Antwoord 12:   U kan met gerustheid gebruik maak van die bestaande telefoonnommers soos aangedui by die Inligting. Die Inligtingsversoekvorm kan ook gebruik word vir navrae.  
         
    Vraag 13:   Hoe kan ek as individu, betrokke raak en help om my medevolksgenote wat in nood verkeer, weer op te hef ?  
    Antwoord 13:   Die blote feit dat u so 'n vraag vra, sê klaar dat U HART REG IS; DAT U GEREED IS OM TE HELP DAT U DIE SAMARITAANSPAD SAAM MET ONS WIL LOOP!
Sodra ons onsself bereid verklaar om te HELP, moet ons ons ander volksgenote MOBILISEER. Dan PRESTEER ons mos reeds!

Kyk ook Vrae 19 en 20. In geval van enige onduidelikhede, skakel gerus met:

 
      Terug na bo  
    Vraag 14:   Is Volkshulp 2000 'n geheime organisasie?  
    Antwoord 14:   BESLIS, NEE! Soos genoem, is Volkshulp 2000 geregistreer as 'n fondsinsamelingsorganisasie ingevolge die Wet op Fondsinsameling, 1978. Die finansiële state is te eniger tyd ter insae by die Registrateur van Fondsinsameling. Enigeen is egter te alle tye welkom om ons kantore te besoek en selfs (terwyl die finansiële state nagegaan word), 'n koppie tee (of koffie) saam met ons te nuttig! Kyk gerus ook na Finansies of die finansiële gedeelte in die Jaarverslag.  
         
    Vraag 15:   Is daar behoorlike kontrole oor Volksgenote se ander finansiële aangeleenthede?  
    Antwoord 15:   JA. Daar is effektiewe finansieel-administratiewe maatreëls in Hoofkantoor ingestel om te verseker dat geen ongerymdhede plaasvind nie. Soos hierbo genoem, moet  Volkshulp 2000 ook (volgens die Wet op Fondsinsameling), 'n ouditeur aanstel en betaal om juis te verseker dat alle rekenkundige vereistes nagekom word. Finansiële state en -verslae word ook tydens Algemene Jaarvergaderings aan ALLE teenwoordiges vir kommentaar voorgelê.  
         
    Vraag 16:   Is Volkshulp 2000 gebonde aan 'n spesifieke kerk?  
    Antwoord 16:   NEE. Ons funksioneer oor Kerklike grense heen en gee ook nie voorkeur aan 'n spesifieke kerklike denominasie nie.  
         
    Vraag 17:   Is Volkshulp 2000 gebonde aan 'n spesifieke politieke party?  
    Antwoord 17:   Ons funksioneer oor partypolitieke grense heen. Ons wil graag ook 'n rol speel om alle volksgenote saam te snoer. Alle klein verskilletjies moet ter syde gestel word. EENDRAG MAAK MAG! Verdeeldheid sal tog net tot ondergang lei!  
      Terug na bo  
       Vrae 18 tot 29  

Tuis • Home
Op • Up
Vrae 1-17
Vrae 18-29

Tuis • HomeOp • UpVrae 1-17Vrae 18-29
• SitemapWerfkaart •

 

ADSA Gratis Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (pou pronk) * ADSA Free Advertisement Service for the Christian Community

Gratis Advertensies/
Gratis Advertensies
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

ARK Webontwerp © 1999-2008
ARK Web Design © 1999-2008

ADSA: Bybel vir Aflaai

 

Bybel vir Aflaai

Download Bible