| |
-
Betrokkenheid by ander volksgerigte aktiwiteite
Benewens die spesialistaak op die welsynsterrein, het ons ook 'n
verpligting om sover moontlik solidariteit te betoon en ons gewig by
ander volksaksies en -organisasies in te gooi. Die volgende is enkele
voorbeelde:
As selfstandige eienaar/aandeelhouer by KBK (Kleinfontein
Boere-Koöperatief Beperk), het ons die mandaat om deel te neem aan
verkiesings en dus ook ons menings te lug, en is betrokke by verskeie
kultuurorganisasies soos:
- die AKB (Afrikaner Kultuurbond) wat op sigself met aktuele
aangeleenthede te make het, soos die behoud van Pretoria se naam,
reëlings i.v.m. Republiekfeesvierings, Jan van Riebeeckdag, die
behoud van volkseie museums en die beskerming van ons
kultuurerfenisse;
- die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) wat self
'n opdraande stryd voer ter beskerming van ons taal, Afrikaans;
- CVO-skole waar ons kinders se opvoeding (ook in die besonder die
geestelike opvoeding) daadkragtig aandag geniet;
- die AVS (Afrikaner Volkseie Sport) waar daar reeds fenomenale
vordering op sportgebied gemaak word.
Hierdie is slegs enkele betrokkenhede van Volkshulp 2000.
|
|