|
'n Baie groot persentasie van krediet kom die personeel toe. Sonder
effektiewe personeel kan die werk immers nie na behore gedoen word nie.
Ook in Volkshulp 2000 se geval moet krediet gegee word aan personeel wat
te alle tye net hul beste lewer, ten spyte daarvan dat daar nie sprake
van markverwante salarisse is nie. Die Hoofbestuur lig hul
spreekwoordelike hoedens hoog vir AL Volkshulp 2000 se personeel.
Weens die gesondheidstoestand van die Direkteur van Volkshulp 2000,
is betyds voorsiening gemaak vir 'n opvolger en dus ook 'n waarnemende
Direkteur. Mevrou Annelize Jansen van Vuuren kwyt haar uitmuntend van
hierdie moeilike taak, naamlik die beheer en bestuur van sowat sewe
verskillende besighede. Sy sien uit na uitdagings, want 'n probleem
bestaan net eenvoudig nie in haar woordeskat nie. Probleme is vir haar
maar net uitdagings.
Die groei van Volkshulp 2000 word ook in sy personeeltal weerspieël.
Tans word daar aan 32 gesalarieerdes werk gebied. Ons weet van geen
ander volkseie organisasie wat dit kan ewenaar nie. Alles dui daarop dat
die maatskaplike nood al groter afmetings gaan aanneem. Die nuwe jaar
sal bewys lewer of inkomste dienooreenkomstig sal kan styg om die
toenemende uitgawes te kan dek.
Ons opregte dank en waardering aan elke personeellid vir hul bydraes
tot die groei en sukses van Volkshulp 2000. 'n Spesiale dankie aan ons
Streekkantoorhoof (Susan Versfeld) en haar personeel. Elkeen weet in
sy/haar hart tot welke mate daar deur die jaar presteer is.
Fotobeskrywings:
Foto 1: 'n Volksgenoot ontvang
klere. (Streekkantoor)
Foto 2: Die dames by die
streekkantoor deel voedselpakkies uit
Foto 3: Die dames by die
streekkantoor deel voedselpakkies uit
Foto 4: Streekkantoor. 'n
Vriend kyk na een van die baadjies. (Steekkantoor)
Foto 5: Streekkantoor. Dis waar
die meeste aktiwiteite plaasvind. Dit sluit in die
afhaal van kospakkies. Dit is ook waar die items
gemerk en gesorteer word om uit te gaan na die
verskeie snuffelwinkels
Foto 6: Steekkantoor
Dankie aan die Streekkantoorhoof (Susan
Versfeld) en haar personeel.
|