With cooperation we'll strive to
live to the honour of God

Met saamwerk sal ons streef om tot eer van God te leef (Volkshulp 2000 leuse) * With cooperation we'll strive to live to the honour of God (Volkshulp 2000 motto)

Met saamwerk sal ons streef
om tot eer van God te leef

Opgedateer: 3 Junie 2008 Updated June 3, 2008

 Gratis Advertensies * Free ads

 

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

     

Tuis • HomeOp • UpNoodhulpSnuffelwinkelsIndiensstellingTuisteSentrumSMS VOLKKomiteesPampoenfeesVolksaksiesKinderfonds

 
 

 

 
 

Jaarverslag 2007
(Vir die tydperk 1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007)

 
     
     
  Indienstellings  
     
 

Die hoofdoel van Volkshulp 2000 is nie, soos vele persone meen, om kos en klere uit te deel nie. Dit vorm wel 'n baie belangrike gedeelte van ons taak, dog in teenstelling daarmee, is ons mikpunte eerder die indiensstelling van werklose volksgenote en werkskepping, sover ons bes moontlik kan. Daar is gedurende die jaar R558 308.66 net aan indiensstellings en werkskepping bestee. Sowat 31,09%. Hoe graag sou ons tog nie veel meer aan werkskepping ten bate van ons werklose volksgenote wat onder andere steeds gebukkend moet gaan onder onbillike wetgewing soos die diskriminerende "affirmative action"-wetgewing nie. Ook in hierdie geval geld onregverdige diskriminasie (wat deur die Grondwet verbied word) teen bepaalde groepe.

Wat indiensstellings betref, word daar op daaglikse basis met groot erns gepoog om werkgewers en potensiële werknemers by mekaar uit te bring. Dit gaan gepaard met heelwat telefoonoproepe, maar danksy Radio Pretoria se tegemoetkoming, benut ons ook die weeklikse geleentheid op Donderdae om werksgeleenthede oor die lug uit te saai. Die verstommende bly steeds dat daar heelwat werksgeleenthede beskikbaar is, maar wat nie altyd opgeëis word nie. By ons is die gevoel dat enige werk beter is as niks nie. Blykbaar is ons nie heeltemal in die kol nie, omdat daar weekliks werksgeleenthede steeds beskikbaar bly.

Dis nodig dat klarigheid gegee word oor wat presies alles by die doelwit van werkskepping ingesluit word. Dit sluit o.a. in projekte wat geloods word waarby mense geld of vergoeding kan verdien ten einde daardie projek (werk) te kan voltooi. Normaalweg sou so iemand om 'n kospakkie aansoek doen, maar stel ons so iemand nogtans in diens om self ook te kan verdien. Veral by die aangaande klereprojek waar klerasie en items ontvang en geboekstaaf word, klere gesorteer, gemerk, verpak, gerekenariseer en geberg word, word persone teen vergoeding benut en daardie uitgawe word ook by werkskepping toegedeel. Vele ander voorbeelde kan vermeld word, maar die ruimte daarvoor ontbreek. Enige navrae in hierdie verband sal met graagte beantwoord word.

 
     
 


ADSA se Poste-afdeling

 
     

Tuis • Home
Op • Up
Noodhulp
Snuffelwinkels
Indiensstelling
Tuiste
Sentrum
SMS VOLK
Komitees
Pampoenfees
Volksaksies
Kinderfonds

Tuis • HomeOp • UpNoodhulpSnuffelwinkelsIndiensstellingTuisteSentrumSMS VOLKKomiteesPampoenfeesVolksaksiesKinderfonds
• SitemapWerfkaart •

 

ADSA Gratis Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (pou pronk) * ADSA Free Advertisement Service for the Christian Community

Gratis Advertensies/
Gratis Advertensies
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

ARK Webontwerp © 1999-2008
ARK Web Design © 1999-2008

ADSA: Bybel vir Aflaai

 

Bybel vir Aflaai

Download Bible