With cooperation we'll strive to
live to the honour of God

Met saamwerk sal ons streef om tot eer van God te leef (Volkshulp 2000 leuse) * With cooperation we'll strive to live to the honour of God (Volkshulp 2000 motto)

Met saamwerk sal ons streef
om tot eer van God te leef

Opgedateer: 3 Junie 2008 Updated June 3, 2008

 Gratis Advertensies * Free ads

 

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

     

Tuis • HomeOp • UpFoto'sMeer oor onsVraeJaarverslagInleidingHoogtepunteProjekteAdministrasieBestuursraadPersoneelFinansiesMaatskappyDebietorderInligtingNavraeBorgeDankie!Argief Kersfunksie

 
 

 

 
  Jaarverslag 2007
(Vir die tydperk 1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007)
 
 

 

 
     
  Hoogtepunte vir die jaar  
     
 

Die toename in maatskaplike en geestelike behoeftigheid, die aanvraag na voedsel, klere, verblyf en werk, bly steeds die mees kritieke faktore. Maar dan, gepaardgaande, die reaksie van volksgenote op oproepe om hulp ten einde hierdie toenemende verarming en behoeftetoename aan te spreek. Benewens kontantbydraes, het vriende van heinde en verre harte en hande oopgemaak. Soveel so dat, in teenstelling waar kontantbydraes en itemskenkings in die verlede naastenby 'n gelykop inkomste verseker het, hierdie verhouding die vorige jaar alreeds radikaal verander het. Die omsetting (te-gelde-making) van itemskenkings na kontant, beloop tans 58.79% van die algehele inkomste van Volkshulp 2000, oftewel, die liefdadigheidsbeen tesame met die handelsbeen. Die handelsbeen nl. die Snuffelwinkels het baie duidelik die lewensaar van Volkshulp 2000 geword. Ons skenkers moet al die eer hiervoor ontvang.

Die tweede hoogtepunt is sekerlik weer die Kersfunksie vir minderbevoorregte kindertjies wat gedurende November 2006 by die Pioniersmuseum te Silverton gehou is. Dit was ons tweede geleentheid in Pretoria en ons vertrou dat ons vanjaar veel meer kindertjies sal kan onthaal. Danksy ons personeel en veral ook die opofferende insette van die ATKV (o.a. Talita Fourie), asook die meewerking van die TLU SA, was hierdie funksie sommer 'n groot sukses. Kyk by Kersfunksie vir 'n paar foto's.

Al is daar reeds hierbo melding gemaak van die personeel van Volkshulp 2000, kan dit nie anders as om ook vir 'n ieder en 'n elk in die "hoogtepunt"-kategorie te plaas nie.

 

Tuis • Home
Op • Up
Foto's
Meer oor ons
Vrae
Jaarverslag
Inleiding
Hoogtepunte
Projekte
Administrasie
Bestuursraad
Personeel
Finansies
Maatskappy
Debietorder
Inligting
Navrae
Borge
Dankie!
Argief

Kersfunksie

Tuis • HomeOp • UpFoto'sMeer oor onsVraeJaarverslagInleidingHoogtepunteProjekteAdministrasieBestuursraadPersoneelFinansiesMaatskappyDebietorderInligtingNavraeBorgeDankie!Argief Kersfunksie
• SitemapWerfkaart •

 

ADSA Gratis Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (pou pronk) * ADSA Free Advertisement Service for the Christian Community

Gratis Advertensies/
Gratis Advertensies
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

ARK Webontwerp © 1999-2008
ARK Web Design © 1999-2008

ADSA: Bybel vir Aflaai

 

Bybel vir Aflaai

Download Bible