With cooperation we'll strive to
live to the honour of God

Met saamwerk sal ons streef om tot eer van God te leef (Volkshulp 2000 leuse) * With cooperation we'll strive to live to the honour of God (Volkshulp 2000 motto)

Met saamwerk sal ons streef
om tot eer van God te leef

Opgedateer: 3 Junie 2008 Updated June 3, 2008

 Gratis Advertensies * Free ads

 

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

     

Tuis • HomeOp • UpFoto'sMeer oor onsVraeJaarverslagInleidingHoogtepunteProjekteAdministrasieBestuursraadPersoneelFinansiesMaatskappyDebietorderInligtingNavraeBorgeDankie!Argief

 
 

 

 
  Jaarverslag 2007
(Vir die tydperk 1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007)
 
 

 

 
 

 

 
  Dankbetuiging  
     
Baie dankie aan al ons Samaritane, hulpwerkers en borge!

Dis eenvoudig 'n wonderlike voorreg om aan 'n baie besondere organisasie soos Volkshulp 2000 verbonde te kan wees en in minderbevoorregtes se diens te kan staan! En verseker die seën van die Here te kon ervaar! Ons opregte DANKIE kom ons Hemelse Vader toe vir Sy krag, leiding, gesondheid en verstand wat Hy ons toebedeel het om nog 'n jaar se suksesse te kon smaak

 

 

 
   

Ruimte in hierdie verslag ontbreek wanneer ons alle weldoeners wat gedurende die afgelope jaar hulle kant en veel meer gebring het, wil bedank. Daar kan voorwaar 'n dik boek geskryf word net oor ons dankbetuigings. Die goedgunstigheid en ruimhartigheid van Volkshulpvriende is ongelooflik.

Ons dink tog dis geregverdig (en sonder om vele ander wonderlike persone en donateurs te benadeel) om opregte dank uit te spreek teenoor die talle bydraers (finansieel sowel as itemgewys), wat vir Volkshulp 2000 op so 'n onbaatsugtige wyse deur die jaar ondersteun het.

ARK Webontwerp. Twee hasies in die veld Ons webwerfonderhouers daar in Kanada
(ARK Webontwerp) verdien 'n spesiale pluimpie vir hulle besondere (kostelose) instandhouding van die webwerf wat dit moontlik maak om selfs van dwarsoor die wêreld donateurs te bereik. So ontvang ons bv. op gereelde basis 'n bydrae in euro (€) (fisiese geldnoot) vanuit Irak.
   
Dankie aan die Volkshulpvriende in Australië Insgelyks het ons goeie Volkshulpvriende in Australië (Harry en Louise Viljoen), wat kort-kort groot bedrae geld in ons bankrekening inbetaal. Pragtige ware Christenvriende, wat nie skroom wanneer dit kom by lofbetuigings teenoor God Almagtig wat vir hulle so seën en dit vir hulle moontlik maak om selfs meer as hul "tiende" vir minderbevoorregtes beskikbaar te stel nie.
   
Dankie aan ons Radio PTA Vriende Die onontbeerlikheid van Radio Pretoria as ons belangrikste bemarkingsmedium kan nie oorbeklemtoon word nie. Die Bestuur en personeel verdien 'n spesiale veer in die hoed vir hul toegeneentheid, vriendelikheid en ondersteuning jeens en vir Volkshulp 2000. Sonder Radio Pretoria sou Volkshulp 2000 verseker nie maklik kon voortbestaan nie.
   
Ons opregte waardering aan Kerkgemeentes en individuele gemeentelede Dan is daar die hulp en bystand van 'n groot getal Kerkgemeentes en individuele gemeentelede wat vermelding en opregte waardering verdien. Miskien net so een uitsondering, naamlik die Kerkraad en gemeente van die APK Moot-Sentraal. 'n Spesiale pluimpie vir hul gereelde bydraes (bakkies vol kruideniersware, kos en ander items) en ook hul gratis beskikbaarstelling van die kerksaal vir ons vergaderings.
   
  • 'n GROOT dankie aan ons personeel

'n Realiteit wat hierbo al vermeld kon gewees het, is dat geen organisasie of besigheid kan bestaan of suksesse kon behaal sonder sy personeel nie. Dis hulle wat met eerlikheid, opregtheid, geesdrif en verantwoordelikheid die spreekwoordelike wiele aan die rol hou. Ons besef terdeë dat personeellede (sommiges veel meer as ander) nie teen markverwante salarisse werk nie en dikwels met uiterste frustrasies te kampe het. Dis egter net aan hulle te danke dat Volkshulp 2000 steeds kan groei en inderdaad spreekwoordelik uit sy nate bars. Aan 'n ieder en 'n elk wat 'n bydrae gemaak het tot Volkshulp se groei oor die afgelope jaar, bring ons ons opregte dank en waardering. Sonder hierdie uitsonderlike personeel sou ons nooit enige suksesse kon behaal nie.

 
 

 

 
  Moet asseblief nie moeg word om ons te ondersteun nie.
Die bydraes en hulp, groot of klein, word opreg waardeer!

BAIE DANKIE!

Volkshulp 2000: BAIE DANKIE aan al ons ondersteuners

 
 

 

 

Tuis • Home
Op • Up
Foto's
Meer oor ons
Vrae
Jaarverslag
Inleiding
Hoogtepunte
Projekte
Administrasie
Bestuursraad
Personeel
Finansies
Maatskappy
Debietorder
Inligting
Navrae
Borge
Dankie!
Argief

Tuis • HomeOp • UpFoto'sMeer oor onsVraeJaarverslagInleidingHoogtepunteProjekteAdministrasieBestuursraadPersoneelFinansiesMaatskappyDebietorderInligtingNavraeBorgeDankie!Argief
• SitemapWerfkaart •

 

ADSA Gratis Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (pou pronk) * ADSA Free Advertisement Service for the Christian Community

Gratis Advertensies/
Gratis Advertensies
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

ARK Webontwerp © 1999-2008
ARK Web Design © 1999-2008

ADSA: Bybel vir Aflaai

 

Bybel vir Aflaai

Download Bible